VAN *CLAUDIE* SE LESSENAAR: My passie in die lewe is ''wellness''. Om gesond en gelukkig te wees. My droom is om voltyds 'n terapeut te word. Ek doen deeltyds 'Core Regeneration'. dit is terapie wat te doen het met die liggaam se energievelde, en die vermoe, om sonder pille, gesond te bly. Werk amper soos 'horse whispering'. Baie unieke terapie, en glad nie konserwatief nie, en tog so oud soos die berge.. All in all gaan al die natuurlike genesing ook oor 'life changing' en word daar baie klem gele op verantwoordelikheid. Ons mense word so maklik in 'n boks gedruk, en dis so maklik om net te glo wat vir jou gese word.
Ons volg die reels amper religieus, te bang om vrae te vra - en dan maak ons of ons dit geniet, want dis bekend. Slim ouens noem dit die comfort zone. En dis partykeer gemakliker om in die ongemaklike bekende te wees, as om 'n nuwe, beter, onbekende in te tree. Ek is self in proses om al die bokse af te breek, en om my unieke pad te bepaal. die lewe het nie handboeke nie, en elke tweede ou probeer een skryf. Dit het tot gevolg 'n lang relaas van sondes, oortredings en skuldgevoel... want iemand anders wat skynbaar die antwoorde het... het gese.
Die VRAAG: Vrouens met toonringe vs mans wat ongevoellig is, maar afskuwelik verda... Viva vir evolusie en die wegval van tonnelvisie deur harde lesse! As 'n vrou wat 2x geskei is, en self 'n seun grootmaak, kan ek BESLIS se, mans is nie dieselfde nie!!!!! Vir my as vrou is dit 'n reuse irritasie as mans se: Vrouens is so en so.... En sou ek begin slegpraat van mans... kan ek net sowel my seun ''verdoem''. Daar is wel defnitiewe verskille tussen mans en vrouens, en ons wil dit nie anders he nie - anders was ons almal gay. Maar as dit kom by klassifikasies, is dit lankal nie meer MANS vs VROUENS nie, maar: DIE MENS.
Feministe en die illuminatie het veroorsaak dat die man-vrou rolle deurmekaar raak en vertroebel, met sy eie voor en nadele. Op die ou end van die dag, probeer elkeen onder die son net sy plekkie en identiteit vind. As dit dan 'n toonring is - Good for her. Lastens. Ek dink mans is gelukkig. Wonderlike geselskap, met min fieterjasies. Julle is baie bevoorreg om nie estrogeen te he nie. Julle word nie met issues gebore nie - julle leer net partykeer dit aan. Dan is dit aanvaarbaar vir 'n man om rowwe varkerige rugbyspelers wat bier drink en burb as rolmodelle te he.
Ai, ons het vir The queen of England en Emsie Schoeman - geen wonder dames begin rebelleer met enkel hangertjies nie.... Volgens die ou garde is dit mos heeltemal die teenoorgestelde van DAME wees!!! So have a heart and bear with the chained ladies!